Читать книгу Wanneer God jou vashou - Johan Smit - Страница 52

16 Februarie

Оглавление

God se eregaste

… U ontvang my soos ’n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. Psalm 23:5b

~

Kom ons beweeg so ’n paar treë terug om weer by die feestafel te kom. Ons het reeds gehoor dat God vir sy kinders ’n fees berei waar die teenstanders aan die kortste end trek. Maar daar is veel meer oor die fees te sê as verleë teenstanders en ’n tafel vol lekkernye vir God se kinders. Veel meer … Dit gaan oor ’n verhouding. God en sy kinders staan in ’n baie spesiale verhouding. Dit is ’n Vader-kind-verhouding. Ja, God is inderdaad die Koning aan wie al die eer toekom, die Koning wie se Naam ons moet hooghou. Maar Hy is ook die Vader wat sy kinders soos eregaste behandel. Glo dit as jy wil: ek en jy word deur God soos eregaste, die belangrikste gaste, behandel.

Die verhaal van die verlore seun kom by my op. Die pa wat die wegloopkind wat teruggekom het soos ’n eregas behandel. Is ons nie maar almal by tye wegloopkinders nie? Is ons nie maar almal by geleentheid ’n afgedwaalde skaap na wie die Herder moet soek en vir wie Hy moet optel en terugbring nie? En wat gee Hy dan vir ons? ’n Pak slae? Verwyte? Nee, Hy laat ons soos eregaste by ’n feestafel aansit, want Hy is lief vir ons. Hy oorlaai ons met hartlikheid, of soos die 1933-vertaling letterlik vertaal: “my beker loop oor”. God se liefde is oorvloedig. Hy vou ons toe met sy liefde. Sien, dit gaan oor ’n verhouding, ’n liefdesverhouding. Juis daarom word die Groot Fees aan die einde ’n brui­lofsfees genoem. Dit is ’n liefdesfees. Só lief het God jou.

God en sy kinders staan in ’n baie spesiale verhouding – ’n Vader-kind-verhouding.

Wanneer God jou vashou

Подняться наверх