Читать книгу Wanneer God jou vashou - Johan Smit - Страница 56

20 Februarie

Оглавление

Die soekende Herder

Ek sal dié soek wat weggeraak het, dié terugbring wat weggedwaal het, die wonde versorg van dié wat seergekry het, die swakkes help. Maar Ek sal dié wat vet en sterk geword het, uitroei. Ek sal ’n herder wees wat reg laat geskied. Esegiël 34:16

~

Die volk van die Here het selfs ten spyte van die vernederende ballingskap nog steeds in hulle sonde volhard. Esegiël tree as profeet op tydens die ballingskap en hy rig sy boodskap aan die volk in ballingskap sowel as diegene wat in Israel en Juda agtergebly het. Netsoos Jeremia pleit hy by die volk om hulle van harte tot die Here te bekeer. Die verrassende is dat God ongeduldig daarop wag om sy volk te begenadig. Al wat Hy vra is dat sy volk net weer na Hom sal draai, na Hom sal luister en Hom sal gehoorsaam.

In hoofstuk 34 is die Here Self aan die woord. En Hy praat as die herder van sy volk. God wil so graag vir sy mense die herder van Psalm 23 wees. Luis­ter hoe steek Hy sy hande met deernis na sy kudde uit: Hy wil dié wat wegge­raak het en verdwaal het weer terugbring na die kudde; Hy wil diegene wat seer­gekry het se wonde versorg en die swakkes help. God is daar vir sy kudde. Maar die kudde van die Here bestaan nie uit willose diere nie; sy kudde be­staan uit mense wat kan kies. God sal ’n herder wees vir hulle wat Hom as hulle Herder kies.

Die teksvers dra ook ’n oordeelsboodskap. Daar is skape wat vet en sterk geword het omdat hulle hulself ten koste van ander verryk het. Sulke skape hoort nie in die Herder se kraal nie. God is ’n Herder wat reg laat geskied.

Afgedwaal? Verdwaal? Moeg en moedeloos? Herderloos? Die Herder wag vir jou met genesende hande!

Wanneer God jou vashou

Подняться наверх