Читать книгу Wanneer God jou vashou - Johan Smit - Страница 64

28 Februarie

Оглавление

Skape van ’n ander kraal

Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder. Johannes 10:16

~

Toe Jesus in Johannes 10 van ’n herder begin praat, was dit glad nie ’n vreemde beeld vir sy omstanders nie. Hulle het elke dag iewers langs die pad ’n herder met sy skaaptroppie teëgekom. En daarbenewens was hulle ook goed bekend met die profete en psalmdigters se gebruik van die herderbeeld om die verhouding tussen God en sy volk te beskryf. God word immers die Herder van Israel genoem.

Dit was juis net hier waar Jesus met ’n nuwe gedagte vorendag kom, ’n ge­dagte wat wel vir die Jode vreemd op die oor geklink het. Jesus praat van sy ander skape wat nie “van hierdie kraal” is nie.

Hier het ons met ’n sendingdeurbraak te make! Tot nou toe het Jesus sy bediening hoofsaaklik in ’n Joodse omgewing bedryf. Daar was wel enkele voorvalle waarby die sogenaamde “heidene” betrokke was, maar in hoofsaak het dit gegaan oor die volk van God. Maar hier maak Jesus dit duidelik dat Hy ook vir mense buite die Israel-kraal ’n herder sal wees. Die “kraal” van God se ko­ninkryk word oopgestel vir mense uit alle volke, nasies en tale. Hierdie gedagte sou Jesus toe later kort voor sy hemelvaart in die bekende sendingopdrag herhaal: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels …” (Matt 28:19a). En juis daarom kan ek en jy vandag met dankbaarheid ver­klaar: “Die Here is mý herder!”

Ons behoort sonder twyfel ook aan God se kraal; Hy is ook ons herder.

Wanneer God jou vashou

Подняться наверх