Читать книгу Wanneer God jou vashou - Johan Smit - Страница 58

22 Februarie

Оглавление

Die nuwe Herder

Ek gaan vir hulle net een herder aanstel, en hy sal vir hulle sorg: my dienaar Dawid. Hy sal vir hulle sorg, hy sal vir hulle ’n herder wees. Esegiël 34:23

En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal ’n leier voortkom wat vir my volk Israel ’n herder sal wees. Matteus 2:6

~

Die profeet Esegiël het ook ander herders in sy visier, naamlik die pries­ters en profete wat God se volk moes versorg en op die regte pad moes begelei. Hierdie herders het egter hulle plig versaak en deur hulle ontrou veroorsaak dat God se kudde uitmekaar gejaag is. Oor die ontroue herders het God sy oordeel uitgespreek.

Die Opperherder gaan egter nie sy kudde in die steek laat nie. As die her­ders wat namens Hom oor sy kudde moes waghou en versorg, nie aan verwagtings kon voldoen nie, sal Hy vir hulle ’n ander herder gee. Hy noem die herder “my dienaar Dawid”. Dawid was die koning na God se hart, die ko­ning wat werklik vir sy volk ’n goeie herder was. “Ek, die Here, sal hulle God wees, en my dienaar Dawid sal oor hulle regeer” (Eseg 34:24a). Natuurlik laat hierdie belofte vir ons onmiddellik vorentoe kyk, na die Seun van Dawid, die loot uit die stomp van Isai wat sou kom om as Messiaskoning te regeer.

En dan, een wintersnag, word daar ’n kind in ’n stal in Betlehem gebore. Hy is die Herderkoning! In Matteus 2:6 word sy geboorte as die vervulling van die profesie van Miga 5:1 gesien. Die enigste verskil tussen die twee teksverse is dat Matteus Hom ’n herder noem! En die verrassende is dat dit juis ’n aantal her­ders is wat heel eerste van alle mense die aankondiging van sy geboorte ontvang.

Ten spyte van ontroue herders laat die Opperherder nie sy kudde in die steek nie.

Wanneer God jou vashou

Подняться наверх