Читать книгу By fonteine langs - Nina Smit - Страница 66

Gebed

Оглавление

Here,

ek bid dat U vir my die wysheid sal gee

om my man werklik te verstaan;

om hom lief te hê met passie en entoesiasme,

om absoluut getrou aan hom te wees,

en hom daagliks van my bewondering en vertroue te verseker.

Help my asseblief om die leiersrol in ons huwelik

aan hom oor te laat

sodat ons saam na eenheid in ons huwelik kan streef

en U eerste in ons huwelik sal stel.

En as daar tye van onvrede kom,

vra ek dat U vir ons u vrede sal gee,

dat U ons sal help om ons bekommernisse na U te bring

en op U te steun in krisistye.

Gee dat ons ons gelukkige huwelik

nooit as vanselfsprekend sal beskou nie.

Dankie dat ons dieselfde sin vir humor het,

dat ons mekaar kan opbou en versterk

en bereid is om mekaar onvoorwaardelik te aanvaar.

Help ons om mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.

Maak ons erkentlik en geduldig teenoor mekaar,

gewillig om na mekaar te luister,

diplomaties en taktvol in ons omgang met mekaar.

Leer ons om die tyd tot ons beskikking ten beste te gebruik,

om net die beste van mekaar te verwag,

ons foute te erken

en mekaar onvoorwaardelik lief te hê.

Amen

By fonteine langs

Подняться наверх