Читать книгу By fonteine langs - Nina Smit - Страница 76

9 Maart

Оглавление

God is aan jou kant!

Lees Romeine 8:31-33

Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vir ons, wie kan dan teen ons wees? Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? – Rom 8:31-32.


Wanneer alles teen jou is, jou omstandighede, jou fisieke toestand, ander mense … staan één ding vir die Christen steeds soos ’n paal bo water: Jy het vir God aan jou kant. En as Hy, die almagtige Skeppergod, aan jou kant is, kan niks regtig teen jou wees nie. Die feit dat God vír jou is, maak van jou méér as ’n oorwinnaar, skryf Paulus in Romeine 8:37.

God stuur sy Seun om die gebroke wêreld waarin ons lewe te kom herstel. Jesus se bloed aan die kruis wis ons sondeskuld eens en vir altyd uit. As God dit so goed met jou bedoel dat Hy nie skroom om sy eie Seun prys te gee om jou te red nie, sal Hy ook vir jou alle ander dinge gee wat jy nodig het. God is nie passief en onbetrokke by jou lewe nie. Hy het jou lief en beloof om vir jou te sorg, om jou te help, om vir jou wysheid en leiding te gee wanneer jy dit nodig het. Neem Hom gerus op sy woord. Ook in die ergste situasies wat jou kan tref, kan jy op Hom vertrou om jou te onderneem.

Oordink weer hierdie dinge, en kom dan tot dieselfde gevolgtrekking as Paulus, dat God vir jou die onvervreembare en positiewe vertrekpunt van jou ganse lewe is (vgl Die Bybellennium, p 1475).

Hemelse Vader, dit slaan my asem weg dat U vír my is! Ek weet dat hierdie belofte beteken dat U alles vir my ten goede sal laat meewerk.

Amen

By fonteine langs

Подняться наверх