Читать книгу Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk - Страница 24

Оглавление

Sondag 18 Januarie 2015 • Lees eers Psalm 25:1-11

Die regte pad

Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie (25:4).

GESELSVRAAG:

Wanneer laas het jy lekker verdwaal?

“Draai nou links regs,” beveel my kollega se iPhone terwyl ons na ons blyplek in Pretoria soek. Dit is nogal handig as jou selfoon deesdae ook ’n ingeboude pratende GPS het, maar wat help so ’n onverstaanbare opdrag? Gelukkig het ek ’n idee gehad waar die plek is en kon ek die foon se aanwysing ignoreer en reguit aanhou. Ons het darem by die regte plek uitgekom.

In vandag se psalm vra Dawid om leiding. Let op hoe baie hy praat van leiding en dwaling. Hy weet dat net die Here hom kan lei om die regte besluite te neem en die regte dinge te doen. Hy was gewillig om God se leiding te aanvaar en daarvolgens te lewe. Hy het geweet dat hy in sy jong dae ongehoorsaam was (vgl v 7). Maar die Here wil selfs vir sondaars die regte pad aanwys (vgl v 8). Die kenmerk van God se paaie is liefde en trou (vgl v 10).

Ons weet nie wat alles hierdie week met ons gaan gebeur nie. Maar die Here weet dit. Hy wil ons vandag in die erediens daarvoor voorberei, net soos Hy dit ook elke dag doen in ons stiltetyd. Let dus op watter boodskap die Here vir ons bedoel. Dalk is dit in ’n lied wat ons gaan sing, of in ’n gebed, of in die opmerking van ’n vriend, of dalk selfs iewers in die preek. Dit is soos ’n skattejag. Sal jy die regte leidrade kan sien en opvolg sodat jy hierdie week veilig kan wees?

GEBED: Lei my tog so dat ek dit sal verstaan, Hemelvader.

Lees vanaand Psalm 25:12-21 en let op die werkwoorde wat Dawid hier gebruik. Wat wil hy daardeur sê?

Uit die Beek 2015

Подняться наверх