Читать книгу Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk - Страница 34

Оглавление

Woensdag 28 Januarie 2105 • Lees eers Levitikus 19:1-14

Wees anders!

Praat met die hele gemeente Israel en sê vir hulle: Wees heilig, want Ek die Here julle God is heilig (19:2).

GESELSVRAAG:

Hoe leef Christene anders as ander mense?

“’n Opname is in die VSA gemaak om vas te stel wat die verskil in lewenstyl is tussen ‘weergebore’ Christene en die res van die bevolking. Daar is bevind dat daar feitlik geen verskil is nie, behalwe miskien dat Christene makliker skei,” lees ek op die internet. Hoe kan dit wees? Die Bybel sê dan duidelik ons moet heel anders as die ongelowiges wees.

Moses vat hier saam hoe die lewe van God se volk van die heidene rondom hulle se lewe moet verskil. Ons het respek vir die gesag wat oor ons gestel is (vgl v 3). Ons het nie afgode waarop ons vertrou nie (vgl v 4). Ons eer die Here in alles wat ons doen (vgl v 6-8). Ons gee om vir armes en vreemdelinge (vgl v 9-10). Ons is nie oneerlik nie (vgl v 11). Ons praat altyd die waarheid (vgl v 12). Ons buit nie swakkes en minderbevoorregtes uit nie (vgl v 13-14). Ons lewe dus heel anders as die ongelowiges.

Ons moet onthou dat die ongelowige wêreld bedreig voel deur mense wat reg lewe. Hulle verlekker hulle daarin as dit blyk dat Christene, veral kerk­leiers, ook maar voete van klei het en ook vir die versoeking kan swig. Uit eie krag kan ons nie staande bly nie. Daarom het ons die krag van die in­wonende Heilige Gees nodig om ons die oorwinning oor versoekings te gee.

GEBED: Here, bewaar my vandag van al die versoekings.

Lees vanaand in Levitikus 19:15-22 hoe die Here ons lewe steeds verander.

Uit die Beek 2015

Подняться наверх