Читать книгу Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk - Страница 74

Оглавление

Donderdag 5 Maart 2105 • Lees eers 1 Samuel 6:13-7:1

Respek vir God

Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here, hierdie heilige God? (6:20).

GESELSVRAAG:

Hoe verskil die Here van die ander gode?

“Van nuuskierigheid is die kat dood,” sou ’n letterlike vertaling van die spreekwoord lui. Ek weet nie van die kat nie, maar dit was wel waar van 70 manne van Bet-Semes, wat die ark mooi bekyk en waarskynlik selfs die deksel afgehaal het om te kyk wat daarin is. (Sommige mense wonder vandag of die inhoud van die ark nie dalk radioaktief was nie.) Hulle moes die groot les leer dat God niemand se speelmaat is nie. Ons moet Hom alleen met die grootste respek benader.

Die Filistyne het waarskynlik gereken hulle kan die ark hou en ’n losprys van die Israeliete eis om dit terug te kry. Maar nou was dit hulle wat die losprys betaal het om tog net van die ark ontslae te raak. Toe hulle sien wat in Bet-Semes gebeur, was hulle oortuig dat hulle die regte besluit geneem het om die ark terug te stuur. Al die bewyse was daar dat God in beheer was en dat Hy sterker was as Dagon of enige ander god.

Ons kry dikwels seer as ons hoor met hoe min respek mense van God praat. Dit lyk asof ongelowiges God uitdaag om iets aan hulle te doen. Hulle het geen agting of vrees vir die Almagtige nie. Maar dit kan ook wees dat selfs gelowiges soms vergeet wie God is. Hy is wel ons Vader, maar nie ons bediende nie. Ons eer Hom deur Hom te gehoorsaam.

GEBED: Vader, ons buig voor U neer. Vergewe al ons sondes.

Lees vanaand in 1 Samuel 7:2-8 hoe daar ’n herlewing in Samuel se tyd gekom het.

Uit die Beek 2015

Подняться наверх