Читать книгу Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk - Страница 81

Оглавление

Donderdag 12 Maart 2105 • Lees eers 1 Samuel 11:8-15

Aanvaarding

Al die manskappe is toe na Gilgal toe, en daar in Gilgal het hulle voor die Here aangekondig dat Saul koning is (11:15).

GESELSVRAAG:

Watter soort leiers het ons land nodig?

“Ons soek ’n leier wat omgee vir sy mense,” het die Israeliete seker vir mekaar gesê. Hulle het niks van die jongman Saul geweet nie, behalwe dat hy van Gibea kom. Dit is die stad wat veroorsaak het dat die stam Benjamin feitlik uitgewis is. Die oorblyfsel is toe aan vrouens gegee wat uit Jabes gekom het (vgl Rig 21:14). Saul, uit Benjamin, het dus ’n familieband met Jabes gehad.

Deur met sy voetsoldate amper 100 km deur die nag te trek, het Saul die Ammoniete verras net toe hulle gedink het dat hulle hul wrede plan kon uitvoer. Hy het hulle uit drie rigtings aangeval, en daar was soveel verwarring dat ons lees dat nie twee van die vyand se soldate bymekaar gebly het nie. Hulle het in alle rigtings laat spaander. Só is Saul se leierskap bevestig. Sommige wou sommer net daar dié vermoor wat nie vir Saul dadelik aanvaar het nie. Saul het egter wys en nederig opgetree. Daardeur het hy die lojaliteit van die manskappe verseker.

“’n Leier is net nodig as meer as een mens iets saam moet doen.” Dit gaan nie oor die leier nie, maar oor die taak wat afgehandel moet word. Ons elkeen moet soms leiding neem omdat daar ’n taak is om af te handel. Is jy God se soort leier?

GEBED: Here, dikwels wil ons nie betrokke raak by ander mense se probleme nie. Vergewe ons daarvoor en gebruik ons soos U wil.

Lees vanaand in 1 Samuel 12:1-12 hoe Samuel die volk herinner wat tot die aanwysing van Saul gelei het.

Uit die Beek 2015

Подняться наверх