Читать книгу Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk - Страница 80

Оглавление

Woensdag 11 Maart 2105 • Lees eers 1 Samuel 10:17-27

Volgelinge

Die dapperes wie se hart deur God geroer is, het saam met hom gegaan (10:26).

GESELSVRAAG:

Hoe word ’n mens ’n goeie leier?

“’n Leier is nie ’n leier as hy nie volgelinge het nie.” In Afrika gebeur dit dikwels dat ’n soldaat wat nie juis in die weermag kon vorder nie, homself deur ’n staatsgreep en baie moorde as leier van die land uitroep. So het Idi Amin en talle ander duisende mense tydens hul diktatorskap vermoor. Sulke leiers is uit op selfverryking, nie op die opbou en welsyn van die bevolking nie. Die volk kan nie deur demokratiese prosesse ’n ander leier kies nie. ’n Ander leier kan net deur ’n gewelddadige opstand aan die bewind kom. En dan is hy dikwels maar net so sleg.

Israel se nuwe koning, aan die ander kant, was bra onwillig vir die verantwoordelikheid. Hy het hom nie op die voorgrond gedring nie. Selfs nadat hy bonatuurlik deur die lot aangewys is, vind hulle hom waar hy ander mense se bagasie oppas. Dit was ’n goeie begin. Hierdie man is deur God aangewys. Hy het ’n wonderlike toekoms gehad. As hy maar net aan die Here getrou kon bly.

Swak leiers stel hulle uit selfsugtige oorwegings op die voorgrond. Goeie leiers het ’n passie vir ’n saak. Leierskap volg outomaties. Dis nie jou geld, geleerdheid of selfs geestelike gawes wat jou ’n leier maak nie. God moet jou op sý manier aanwys.

GEBED: Here, ek is nie gewillig of geskik om leiding te neem nie. As U my wil gebruik, moet U my verander en lei.

Lees vanaand in 1 Samuel 11:1-7 hoe Saul deur die Heilige Gees gelei word om ’n verskil te gaan maak.

Uit die Beek 2015

Подняться наверх