Читать книгу Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk - Страница 86

Оглавление

Dinsdag 17 Maart 2105 • Lees eers 1 Samuel 14:33-41

Soek die sondebok

Kom hiernatoe dat julle kan uitvind en self sien wie vandag gesondig het (14:38).

GESELSVRAAG:

Wanneer wil jy graag iemand anders die skuld gee?

“Nee, ek kan dit nie waag om vir die minister te gaan sê haar wetgewing is onprakties nie. Sy sal vra wie vir haar daardie dom dinge voorgestel het. Sy sal hom dan dadelik afdank,” het die amptenaar aan my verduidelik. In die politiek en ook in die sakewêreld soek ons alte graag na iemand op wie ons die skuld kan pak. Ons vergeet skoon om eerder na die probleem te kyk en dit te probeer oplos.

Toe Saul nie antwoord van die Here kry oor sy onrealistiese bevele nie, soek hy dadelik ’n sondebok. Maar toe kom die onverwagte uitslag: Sy seun Jonatan, die held van die dag, word as die sondaar uitgewys. Hy sal dus doodgemaak moet word. So boemerang Saul se dom besluit weer.

In die Afrikakultuur vind ons iets soortgelyks. As ’n mens siek word of in ’n motorongeluk beland, vra jy nie na die siekte of oorsaak van die ongeluk nie. Jy gaan na die toordokter om uit te vind wie jou getoor het. Iemand anders moet die skuld kry. En só word baie mense onskuldig vermoor net omdat hulle verdink word van toordery. Ons ander laai die skuld op die rekenaar wat gebreek het of die mense wat nie hul deel gedoen het nie. Wie sal dit waag om te erken hy of sy was verkeerd?

GEBED: Here, help my om my verantwoordelikheid te erken.

Lees vanaand in 1 Samuel 14:42-52 hoe die manskappe Jonatan se lewe gered het.

Uit die Beek 2015

Подняться наверх