Читать книгу Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk - Страница 82

Оглавление

Vrydag 13 Maart 2105 • Lees eers 1 Samuel 12:13-25

Geen vrede sonder God nie

Maar as julle opsetlik verkeerd doen, sal julle sowel as julle koning uitgewis word (12:25).

GESELSVRAAG:

Hoekom is Christene beter leiers?

“No God, no hope; know God, know hope,” lees ek op ’n kennisgewingbord voor ’n kerk. Die beste leier kan nie reg lei sonder om God te ken nie. Dít is die belangrikste boodskap wat Samuel ook vir sy volk gehad het. Hulle moes nie dink hulle het God nie langer nodig noudat hulle ’n koning het nie. Hulle en hul koning was aan God onderdanig. Hulle moes aan Hom gehoorsaam bly, anders het hulle geen toekoms nie.

Samuel was teleurgesteld dat die volk op ’n koning aangedring het. ’n Koning kon hulle maklik op ’n verkeerde pad lei (soos toe ook gebeur het). Hy het dus vir donderweer gebid en dit gekry. Die volk kon sien dat God almagtig was. Hulle het bely dat hulle ’n fout gemaak het om vir ’n koning te vra. Die Here is die groot Koning.

Die grondleggers van die VSA was toegewyde gelowiges. Hulle het na Noord-Amerika geëmigreer ter wille van die vryheid van godsdiens. Tog is die VSA tans vinnig op pad na Christenvervolging. Die beginsels in sy grondwet word geïgnoreer. Nou is alle godsdienste welkom. God se Woord het nie meer enige gesag nie. Dit mag nie meer in die skole geleer word nie. Geen wonder dat dinge verkeerd loop nie. En by ons?

GEBED: Here, U is ons Koning. Lei ons en ons leiers op u pad.

Lees vanaand in 1 Samuel 13:1-9 hoe Saul in ’n krisistyd die verkeerde besluit geneem het.

Uit die Beek 2015

Подняться наверх