Читать книгу Op vlerke van geloof - Solly Ozrovech - Страница 39

Оглавление

Liefdevolle Vader

Daar is maar 31 dae van hierdie jaar verby en reeds moet ek met skaamte voor U staan en bely dat heelwat van my goeie voornemens vir die nuwe jaar skipbreuk gely het; dat versuim oor soveel van my kosbare tyd geskryf kan word; dat ek meer tyd in gebed saam met U kon deurgebring het – om met U te praat, na U te luister; dat u Woord vir my kosbaarder kon gewees het sodat my lewe nou al van daardie rykdom kon getuig; dat ek nagelaat het om getrou u wil te soek en dit in gehoorsaamheid uit te voer. Here, dankie dat U nie alleen vergewe nie, maar dat U ook deur u Heilige Gees die begeerte in my wek om oorwinnend te lewe, U beter lief te hê, U meer nougeset te volg en meer getrou aan u wil te lewe. Dankie dat U, deur Jesus Christus, die ou dinge laat verbygaan en alles nuut maak. Lei my in hierdie maand deur u Gees en om Jesus Christus ontwil.

Amen

Op vlerke van geloof

Подняться наверх