Читать книгу Op vlerke van geloof - Solly Ozrovech - Страница 43

Оглавление

4 Februarie

Wie vertrou ek met my droefheid?

LEES Psalm 37:1–11

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. – Psalm 37:5

Hoe groter die las is wat jy dra, hoe groter is jou behoefte aan iemand op wie jy onwrikbaar kan vertrou. Alleen die Almagtige kan aan hierdie hoë eis beantwoord. Vir iemand wat volkome op God vertrou, is alles moontlik.

God is vol deernis en medelye met jou en Hy los jou nooit nie – selfs nie in jou diepste droefheid nie. Sy wil vir jou is goed en Hy alleen kan kwaad in goed omskep, droefheid in blydskap, trane in lag. Die feit dat jy nie weet hóé Hy dit gaan doen nie, beteken nie dat jy Hom nie kan vertrou nie. God maak nooit ’n fout nie. Elke gebeurtenis op jou lewenspad voltooi ’n stukkie van sy groot legkaart vir jou lewe.

Een aspek wat droefheid en verlies opnuut beklemtoon, is jou onvermoë om te verstaan wat met jou gebeur en wat die toekoms vir jou inhou. Juis dan bring vertroue op God gemoedsrus en vrede. Hy sál sy plan uitvoer en jy sal uiteindelik in verwondering móét uitroep: “Hy het alles goed gedoen!”

GEBED

Here, ek lê myself en my droefheid en verwarring aan u voete neer met die stille geloofsvertroue dat u wil met my geskied.

Op vlerke van geloof

Подняться наверх