Читать книгу Uit die Beek 2012 - Attie van Wijk - Страница 59

Welkom in Handelinge!

Оглавление

Skrywer

Die dokter Lukas, wat ook die evangelie volgens Lukas geskryf het

(Kol 4:14; Luk 1:1–4).

Datum

Waarskynlik 59–61 n.C., terwyl Paulus in Rome was.

Lesers

Teofilus en die eerste gemeentes in die Midde-Ooste en Europa.

Doel

Om die belangrikste momente in die groei van die vroeë kerk vas te lê.

Dit bevat ook ’n duidelike uiteensetting van die evangelie.

Hooftrekke

1 Die begin van die kerk (1:1–2:47)

2 Die getuienis in Jerusalem (3:1–7:60)

3 Die getuienis in Samaria en omgewing (8:1–12:24)

4 Die getuienis oor die hele wêreld (12:25–21:26)

5 Paulus se laaste getuienis (21:27–28:31)

Let op na

1 Gewone gelowiges speel ’n groot rol in die groei van die kerk.

2 Vervolging laat die kerk juis uitbrei.

3 Die opstanding van Jesus is die kern van feitlik elke toespraak.

4 Die kerk groei oor alle grense, en sluit alle gelowiges in.

Christus in Handelinge

 Christus het die Heilige Gees gestuur en werk dan deur die jong kerk.

 Christus openbaar Hom aan Paulus en roep hom (Hand 9).

 Christus is die middelpunt van die evangelie wat oor die hele wêreld verkondig is.

Uit die Beek 2012

Подняться наверх