Читать книгу Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk - Страница 51

Оглавление

Welkom by Galasiërs

Skrywer:

•Die apostel Paulus.

Eerste lesers:

•Galasië was die sentrale deel van die huidige Turkye. Die dorpe Antiogië, Ikonium, Listra en Derbe was in daardie streek.

Datum:

•Omstreeks 49 nC as dit ná die eerste sendingreis geskryf is, of omstreeks 56 nC as dit geskryf is ná Paulus se tweede sendingreis en die vergadering in Jerusalem (vgl Hand 15).

Doel:

•Sekere dwaalleraars het ná Paulus gekom en wou die nuwe gelowiges oortuig dat hulle ook soos die Jode besny moes word en die Joodse wette moes onderhou. Paulus verduidelik dat ons net uit genade gered word, nie deur wette te gehoorsaam nie.

Hooftrekke:

•Paulus verdedig sy gesag (1-2).

•Ons word net deur geloof vrygespreek (3-4).

•Christelike vryheid en verantwoordelikheid (5-6).

Let op na:

•Ons verlossing is nie afhanklik van goeie werke nie, maar is uit genade ontvang, deur geloof in Christus.

Christus in Galasiërs:

•Christus is die kern van die evangelie (1:7).

•Christus kom woon in die gelowige (2:20).

•Christus maak waarlik vry (2:4; 5:1).

•Christus se kruisdood maak ware vryheid moontlik (6:14).

Uit die Beek 2015

Подняться наверх