Читать книгу Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk - Страница 57

Оглавление

Woensdag 18 Februarie 2105 • Lees eers Galasiërs 3:10-14

Aswoensdag

In sak en as

Daar rus ’n vloek op elkeen wat nie stiptelik alles doen wat in die boek van die wet geskrywe staan nie (3:10).

GESELSVRAAG:

Waaroor kan ons vandag jammer wees?

“Ek het bier laat staan vir die vastyd en whiskey is gans te sterk vir my,” grap ’n vrou wat gestruikel het op pad na die mikrofoon. In baie kerke word die vastyd (“Lent”) van vandag tot Goeie Vrydag en Paassondag gevier. Op hierdie dag sal die priester of leraar ’n kruisteken met swart as op elkeen se voorkop maak as teken dat hulle jammer is oor hul sondes waarvoor Jesus moes ly. Op hierdie dag sal hulle baie tyd bestee aan selfondersoek en sonde­belydenis. Baie gelowiges sal vandag ook nie meer as een maaltyd eet nie. Vir die volgende 40 dae en 6 Sondae sal hulle iets lekkers prysgee om hul hartseer oor hul sonde te toon.

Paulus herinner ons hier aan die verskriklike gevolge van enige sonde. Dit bring ’n vloek oor ons. En dit help nie om van nou af te probeer om streng volgens die wet te lewe nie. Jy is reeds skuldig aan so baie dinge wat jy gedoen of nie gedoen het nie. Ons kan niks doen om die vryspraak te verdien nie. Daarom het Jesus gekom – daar is geen ander manier of godsdiens waardeur ons onsself kan red nie.

Vir die meeste van ons is vandag ’n gewone werksdag. Tog moet ons vandag tyd maak om onsself te ondersoek sodat ons met ware berou en dankbaarheid na die Here kan gaan.

GEBED: Dankie dat U ons aanvaar net soos ons is, Here.

Lees vanaand in Galasiërs 3:15-20 hoe die verbond reeds lank voor die wet geldig was. Dit het reeds na Jesus gewys.

Uit die Beek 2015

Подняться наверх