Читать книгу Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk - Страница 64

Оглавление

Welkom by 1 Samuel

Skrywer:

•Waarskynlik Samuel self tot by hoofstuk 25. Daarna onbekend. Sommige meen dit was die priester Abjatar.

Eerste lesers:

•Israel en Juda.

Datum:

•Samuel is omstreeks 1150 vC gebore. Die finale skrywer van die boek het geweet van die skeuring van die ryk in 931 vC.

Doel:

•Om te toon dat God in beheer van die geskiedenis is.

Hooftrekke:

•Herlewing onder Samuel se leiding (1-7).

•Saul word koning (8-15).

•Dawid tree na vore en Saul sterf (16-31).

Let op na:

•Die werk van die Heilige Gees in mense se lewe.

•Hoe God gebede verhoor.

•God kyk nie na die uiterlike nie, maar na die hart.

•God verkies gehoorsaamheid bo dankoffers.

•God beheer die verloop van die geskiedenis.

Christus in 1 Samuel:

•Soos Christus, was Samuel ’n beloftekind.

•Albei was van geboorte af aan God gewy.

•Samuel was profeet en priester, Jesus ook.

•Die koningskap van Saul en Dawid wys vooruit na Jesus, die finale Koning.

•Dawid, die herder-koning, is ’n voorloper van Jesus, die goeie Herder.

Uit die Beek 2015

Подняться наверх