Читать книгу Uit die beek 2020 - Barend Vos - Страница 48

Maandag 10 FEBRUARIE 2020 Lees Romeine 11:2-10

Оглавление

God se volk

God het sy volk, wat Hy lank tevore verkies het, nie verstoot nie (v. 2).

Die verhouding tussen die Ou en die Nuwe Testament is nie eenvoudig nie. Dit is wel maklik genoeg om te onthou dat die gebeure en vertellings in eersgenoemde voor Jesus Christus se koms afspeel, en dié in die Nuwe Testament nadat die Gesalfde gekom het.

Oplettende Bybellesers sal ook weet dat die Ou-Testamentiese “volk” en die Nuwe-Testamentiese gelowiges nie noodwendig dieselfde mense was nie. Inteendeel: Eersgenoemdes was dikwels laasgenoemdes se eerste en vernaamste en mees genadelose teëstanders. Jy onthou tog die einste Paulus wat hier skryf se storie?

Nou stoei die Nuwe-Testamentiese skrywers – almal lede van die ou “volk”, maar óók Jesusvolgelinge – om aan hul lesers (en dikwels hulleself) te verduidelik hoe dit werk. Dat die nuwe bedeling nuwe denke vra. Dat hul trotse lidmaatskap van die “volk” nie opgeskort is nie, maar dat dit nou ’n nuwe plek in hul lewe inneem. Hulle is steeds Abrahamskinders, ja. Maar allereers is hulle God se uitverkorenes. Saam met ’n menigte ander wat uit elke taal, stam en nasie kom.

Paulus sê hier: Ek is ’n trotse Israeliet, ’n Abrahamskind uit die Benjaminstam, en ek sou dit nie kon oorleef as God ons verwerp het nie (vgl. Rom 11:1). Maar vanweë God se uitverkiesende genade is ek nou veel meer as dit: Ek is ’n Godskind.

Millennia later is dit ook vir ons goed om hier te lees. Om opnuut na te dink oor die prioriteite in ons menswees. Om Paulus goed te hoor as hy sê alle ander verbintenisse, en alle bloed-en-bodem-sentimente, is ondergeskik aan ons burgerskap in God se koninkryk. Ons is, bo en voor alles, uitverkies om lede van God se volk te wees.

____________________

Dit is my enigste troos in lewe en dood: Ek behoort aan U.

Uit die beek 2020

Подняться наверх