Читать книгу By fonteine langs - Nina Smit - Страница 50

14 Februarie

Оглавление

’n Nuwe fokus op Valentynsdag

Lees Johannes 3:16-21

“God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” – Joh 3:16


Een van die geheime van ’n gelukkige huwelik is dat jy sal aanhou om jou man te verras met die oorspronklike maniere waarop jy hom van jou liefde vir hom wil verseker. Valentynsdag kan ’n romantiese hoogtepunt in jul huwelik word as jy moeite doen om dit vir jou man spesiaal te maak. Tog het óns verlede jaar ’n splinternuwe perspektief op Valentynsdag gekry. Ons het die volgende e-pos van ’n vriendin in Malawi ontvang:

“For God so loVed the world,

That He gAve

His onLy

BegottEn

SoN

That whosoever

Believeth In Him

Should Not perish

But have Everlasting life” (John 3:16).

Dink na oor God se liefde vir julle. Gaan lees dan saam op hierdie dag van die liefde in 1 Korintiërs 13 hoe so ’n liefde daar behoort uit te sien. Maak dan werk daarvan om hierdie liefde elke dag in jou huwelik uit te leef. Jy weet mos waar jy hulp kan kry op dié dae wanneer jy dit regtig nie uit jou eie kan regkry nie!

Hemelse Vader, help ons om van nou af op Valentynsdag nie net op ons liefde vir mekaar te fokus nie, maar ook op u liefde vir ons.

Amen

By fonteine langs

Подняться наверх