Читать книгу Op vlerke van geloof - Solly Ozrovech - Страница 47

Оглавление

8 Februarie

Vertrou op die Here

LEES Psalm 27

Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! – Psalm 27:14

Soms kom ons in ’n lewensituasie wat vir ons vreemd is en ons harte word gevul met vrees. Jy moet dalk ’n besoek aflê by ’n spesialis; jy moet hospitaal toe gaan waar alles en almal vir jou vreemd is; jy word alleen die operasiekamer binnegestoot; jy sien die skerwe van ’n eens gelukkige huwelikslewe rondom jou lê. Waarheen gaan jy met jou nood? Met jou vrees, bekommernis, droefheid, angs en neerslagtigheid?

“Vertrou op die Here, en Hy sal jou help” (Spr 20:22).

Hierdie “vertrou” op die Here beteken om selfs in die haglikste omstandighede jou vertroue in die almagtige God te plaas en Hom deur ’n aktiewe geloof toe te laat om jou gedagtes en jou lewe te beheers.

Bevestig jou geloofsoortuiging deur ’n oorwinningslied, ’n vrolike gesang in die woorde van Psalm 13:6 tot sy eer te sing: “Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.”

GEBED

Jesus Christus, leer my dat tye van wag in my lewe nie verkwiste tyd is nie, maar juis tye waarin God sy groot en heerlike dade in my lewe tot openbaring bring.

Op vlerke van geloof

Подняться наверх