Читать книгу Op vlerke van geloof - Solly Ozrovech - Страница 59

Оглавление

20 Februarie

Eiréne – vrede met God

LEES Efesiërs 2:11–22

Toe Hy gekom het, het Hy die goeie boodskap van vrede gebring: vrede vir julle wat ver van God was, vrede ook vir dié wat naby was. – Efesiërs 2:17

Christus is ons vrede! Hy het vir ons vrede met God bewerkstellig. Hy bring eiréne: in die plek van “ou” haatdraende mense skep Hy “nuwe” vredeliewende mense. In die plek van vyandskap tussen ons en God gee Hy ’n vredesverhouding deur ons met God te versoen deur sy kruisdood.

Hierdie vrede stel ons in staat om in vrede met ons medemens te lewe; om ons te beywer vir die dinge wat ons onderlinge vrede opbou en bevorder (Rom 14:19). Hierdie vrede raak ook die huwelik aan (1 Kor 7:15). Dit bring blydskap en vreugde in die huisgesin omdat dit die lewe van die gesinslede sinvol beïnvloed. Hierdie vrede groei in ons as vrug van die Heilige Gees (Gal 5:22–23) en skep ’n geestelike eenheid wat op vrede uitloop (Ef 4:3). Die vrede is dan ook ’n belangrike deel van die Christen se karakter (Jak 3:17–8) waardeur hy sy verantwoordelikheid as vredemaker nakom. Eindelik lei dit dan ook tot innerlike sielevrede omdat ons ook van binne “in orde” is. Dán het ons ’n voorsmaak van die hemelse vrede en vreugde wat die eindresultaat is van eiréne – vrede met God!

GEBED

Here, leer my dat my saligheid in U is en dat U my lot in u hand hou. Laat dit my vreugde, kalmte, heil en hoop wees.

Op vlerke van geloof

Подняться наверх