Читать книгу Op vlerke van geloof - Solly Ozrovech - Страница 65

Оглавление

26 Februarie

Wees dankbaar

LEES Efesiërs 5:6–20

Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus. – Efesiërs 5:20

Dankbaarheid is ’n Christelike deug wat aan ons lewe ’n besonderse kwaliteit verleen. Elke kind van God het ’n oorvloed van redes om dankbaar te wees.

Die geheim van dankbaar wees is om dankbaar te lewe.

In dankbaarheid teenoor God vir die gawe van die lewe moet jy die lewe positief en oorwinnend benut.

In dankbaarheid vir jou geleenthede moet jy hulle gebruik as uitdagings tot sukses in God se diens.

In dankbaarheid vir jou geluk moet jy daarna streef om ander gelukkig te maak.

Vir die skoonheid van God se skepping moet jy in dankbaarheid probeer om die wêreld rondom jou te verryk.

Vir gesondheid en krag moet jy jou dankbaarheid toon deur jou liggaam op te pas en dit in diens van God en jou medemens te gebruik.

Voeg dan by jou gebede van dankbaarheid altyd ’n lewe van dankbaarheid.

GEBED

Skepper-God, maak my hele lewe ’n toegewyde daad van dankbaarheid vir al u liefde en genade wat ek ontvang. Help my om altyd ’n lewe van dankbaarheid te lei.

Op vlerke van geloof

Подняться наверх